Crime

Met sak oor kop gemartel, polisie sloer met saak

Speurders het ’n man gedwing om in hulle kantoor op sy maag te lê, sy hande is agter hom vasgemaak, daarna het een van agter af bo-op hom met ’n stoel kom sit en ’n plastieksak van onder af oor sy gesig getrek. Dit het drie keer gebeur!

Maar nou lyk dit asof daar geen geregtigheid vir mnr. Corrie la Cante (36) gaan wees nie. Drie maande na die voorval het die polisie niks aan die saak gedoen nie.

Brigadier Leonard Hlati (provinsiale polisiewoordvoerder) sê dat die saak intussen oorhandig is aan die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) vir ondersoek.

Lees ook: Man gemartel deur polisie

Hy is daarvan beskuldig dat hy sy werkgewer se trok gesteel het, maar na sy marteling het die speurders gesê hulle kan sien hy nie nie die dief nie.

’n Saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer is geopen en die polisie het hom in kennis gestel dat hulle hom sal laat weet wanneer hy sy aanranders op ’n uitkenningsparade moet uitwys.

Drie maandelater het dit nog nie gebeur nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button