Crime

Misdaadnes in sakegebied

“Bly uit SADC-straat uit!” het me. Trudie de Lange moedeloos uitgeroep.

Die sentrale sakegebied, veral in die omgewing van die Poskantoor, is ’n misdaadnes en ’n vrou sien daagliks hoe deure oopgeruk en artikels gesteel word.

“Bly uit SADC-straat uit!” het me. Trudie de Lange moedeloos uitgeroep.

Sy het hierdie week ’n paar keer gebel om www.mobserver.co.za te vertel hoe sy sien dat mense slagoffers is van die straatrowers.

Veral die verkeerslig op die hoek van SADC- en OR Tambostraat, die omgewing voor die poskantoor, asook die hoek van SADC- en Walter Sisulustraat is rooi areas.

Donderdagoggend, vóór sewe al, is die eerste slagoffer sy selfoon kwyt toe hy gestop het oorkant die poskantoor.

Me. De Lange sê sy het gesien hoe een boosdoener aan die ander kant van die kar sy aandag aftrek en die een aan die bestuurderskant toeslaan om die man se selfoon te gryp.

“Daar sal iets gedoen moet word. Ons almal sien presies daagliks wat gebeur. As die polisie se berede eenheid aankom, dan verdwyn hulle skielik. Die oomblik wat die polisie verby is, peul hulle net weer oral uit!”

Sy en vele ander sakelui is van mening dat die polisie in ongemerkte voertuie en privaatdrag patrollies sal moet begin doen, want “dit word net erger en erger!”

• Me. De Lange het haar ook uitgespreek omdat daar nie opgetree word teen die mense wat in die taxistaanplekke Temik en ander gif verkoop nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button