Rooi Bulle val vas teen Trio
Dissipline laat span in die steek met kaptein wat afgestuur is met geel kaart.
Die Rooi Bulle se hoofafrigter, Jano Venter, sal glad nie gelukkig wees met sy span se dissipline nie.
Die span het met 25-27 teen Trio van Kroonstad verloor, in sy eerste kragmeting by die Noord/Suid rugby toernooi wat by Affies aaangebied word.
HTS Middelburg was voor toe sy kaptein, Nathan Janse van Vuuren, met ’n geel kaart van die veld is omdat hy “die p-woord” teenoor ’n lynregter gebruik het.
Trio het vinnig toegeslaan en die telling na 27-18 gerek, voordat Uzile Ox Mathilela gaan druk het.
Nog slegte nuus vir die Rooi Bulle is dat die skitterende Jacques Greyling die veld met ’n besering verlaat het.
Die Rooies was rustyd 7-6 agter.
Trio word afgerig deur die gewese Italiaanse slot, Quintin Geldenhuys.
- Hoërskool Middelburg het met 38-41 teen Witteberg van Bethlehem verloor, nadat hy rustyd met 24-17 voor was.
Swak verdediging het die span gesink.
