Sport

Blou golf by boks

Grobler teken ’n hele paar politieke punte aan.

’n Blou golf het Event City Saterdagaand getref.

Die een oomblik is bokslegendes nog voorgestel en toe speel die liedjie “Eye of the Tiger”.

Risin’ up, back on the street

Did my time, took my chances

Went the distance now I’m back on my feet

Just a man and his will to survive

So many times it happens too fast

You trade your passion for glory

Don’t lose your grip on the dreams of the past

You must fight just to keep them alive…

Groot Leon Bosch was reg om te veg, aangespoor deur “Eye of the Tiger”.

En toe is dit die beurt van “Mayor Bosman”, soos hy aan die skare voorgestel is.

“Die Blou Bul eet nie van die vloer af nie” kon net sowel gespeel het, want skielik het ’n blou golf die saal getref.

DA ondersteuners het met plakkate van agter die verhoog te voorskyn gekom.

Op die plakkate het die DA burgemeesterskandidaat, Bosman Grobler, se foto gepryk.

Blou vlae het gewapper.

Dit was ’n gejuig en gejil!

Saam in die blou optog was Grobler se pa, die geliefde dokter Andre Grobler en sy twee seuns.

’n Erg senuagtige Grobler het ’n paar diep asemteue gegee, voordat die klok vir die eerste rondte gelui het.

Toe skeidsregter Henk Wessels wys “fight” het daar groot houe geval.

Na drie aksievolle rondtes is die geveg as gelykop beoordeel deur die toeskouers.

Grobler het na die geveg ’n paar politieke punte behaal, toe hy in ’n onderhoud gesê het die minister van sport en die LUR vir Sport moet sulke toernooie bywoon “want dit kan ’n verskil in mense se lewens maak”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button