Municipal

Hand skoongemaak

Die gedenksteen by Loskop Damwal wat die afgelope tyd erg onder vandalisme en vieslike graffiti deurgeloop het, is deur 'n groep geskiedenisbewaarders skoongemaak.

‘n Mens wou tereg uitroep: “net gekke en dwase skryf of mure en glase!” want hierdie gedenksteen wat gebou is om die mense te onthou wat die dam gebou het, het ‘n hartseer gesig geword.

Mnr. Dawie Loots het ‘n paar weke gelede gesê dat die gedenksteen tot sy ou glorie herstel moet word.

Nog Middelburgers en Groblersdallers het in sy passie gedeel en die groep het binne twee weke gegroei tot ‘n span wat daad by die woord gevoeg het.

Woensdagoggend het die skoonmaakproses begin met sandspuiting om die verf te verwyder en herstelwerk aan die steen. Donderdag het ‘n paar manne ‘n palissade heining om die hand gaan bou.

Mnr. Herman Botha (direkteur, Obaro koöperasie, Groblersdal) het die volgende persone en instansies bedank vir hul hulp en bydraes:

Die groep mans van verskillende instansies en besighede wat Woensdag begin het met skoonmaakwerk aan die hand. Teen Donderdag is daar ook 'n palissade heining om die hand opgesit. FOTO: Tiaan Joubert.
Die groep mans van verskillende instansies en besighede wat Woensdag begin het met skoonmaakwerk aan die hand. Teen Donderdag is daar ook ‘n palissade heining om die hand opgesit. FOTO: Tiaan Joubert.

• Loskop Besproeiingskema.

• Hereford Besproeiingskema.

• Departement van Waterwese vir toestemming om met die projek voort te gaan.

• Obaro Koöperasie.

• Loskopdam Boerevereniging.

• Dawie Loots vir sy inisiatief.

• Danie van Wyk (Van Wyk Grafstene).

• Nico van Wyk en sy span (van Samu Projects & Sponge Blast, van Middelburg) wat die sandbespuiting gratis gedoen het.

• Ernst Jansen vir sy bydrae.

• Al die werkers wat Woensdag en Donderdag insette gelewer en fisies die werk gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button