Registreer om te stem
Eerskomende naweek, op 9 en 10 April, sal stemlokale weer oop wees vir die registrasie van kiesers.
Daar was talle wyksveranderinge en kiesers word plaaslik deur die grensverskuiwings geraak.
Die publiek word gevra om seker te maak dat hulle name wel op die kiesersrol by hul tradisionele stempunte verskyn.
Stempunte open om 07:00 en sal oop bly tot 17:00 op beide registrasiedae.
Kiesers kan ook by die OVK kantore by die burgersentrum registreer naas die onderstaande Middelburg lokale:
• Wyk 8 – Nasaret Gemeenskapsaal
• Wyk 10 – Eastdene gemeenskapsaal, Hlalamnandi oop area tent
• Wyk 11 – Faith Revival Miracles Centre (Opalstraat agter Hope City)
• Wyk 12 – Corpus Christi Kerk (Chapmanspeakstraat, Aerorand)
• Wyk 13 – Laerskool C.R. Swart, Bezuidenhoutsaal by Brandweer en Middelburg Primary School
• Wyk 14 – NG Lighuis Kerk in Gholfsig, en die tent in die park in Hospitaalstraat
• Wyk 15 – Laerskool Kanonkop en Hoërskool Kanonkop
• Wyk 16 – Lareskool Dennesig en tent in park in Verkennerstraat langs Church of Today
• Wyk 20 – Kleuterskool Breintjieland by Witkerk
• Dan is daar ook lokale by Hendrina Munisipale kantore, Laerskool Koornfontein, Koornfontein gemeenskapsaal, Pullenshope gemeenskapsaal, Laerskool Rietkuil, Arnot gemeenskapsaal, Olifants River Lodge sowel as Mkhulu en Batlagae skole by Doornkop waar Kranspoort inwoners sal stem.
Lees verwante stories hier:
Many voters affected by ward delimination
Who are the voters in Middelburg
