Opvolg: Bloed in straat weens drein
Bloed wat voor die HA Grové Hospitaal in Belfast gesien is, is veroorsaak weens ’n geblokte drein.
Matrone Gretta Lukhele (Hoof Uitvoerende Beampte van die hospitaal) sê sy het ook die bloed gesien wat in die straat afloop voor hul ou ingang in Bekumusi Masangostraat (Vermooten) verby, waar dit na regs gespoel het na Dugganstraat by hul hoofingang verby.
Sy het dadelik ondersoek ingestel en sê die bloed was beslis nie van die hospitaal afkomstig nie.
Matrone Lukhele sê sy het die munisipaliteit gekontak, wat haar meegedeel het dat dit ’n geblokte drein was wat die water uitgestoot het. Sy het gemeld dat die bloed eintlik afkomstig is van die slagpale (sowat vyf blokke bokant die hospitaal naby die stasie) en dat die blokkasie in die hoof munisipale drein, waarin die slagpale se bloed ook gestort word, die bloedwater laat uitstoot en in die straat laat beland het.

• Inwoners van Belfast sê hulle stry beslis nie dat dit ’n geblokte drein was wat die bloedwater uitgestoot het nie. Hulle verskil egter van me. Lukhele en sê dat die bloed uit die hospitaalgronde gekom het en beslis nié van bo-af in die straat nie.
“Ons moet egter dankie sê vir die munisipale werkers, want op dieselfde oomblik wat dit op die www.mobserver.co.za webtuiste en Middelburg Observer Facebookblad geplaas is, was hulle reeds besig om dit te herstel. Gisteraand (Maandag) was dit al skoon.”
lees ander stories hier:
Nuusflits: Bloed loop in pad af
(Video’s) Opvolg: Is dit die moordbende
Opvolg: Skote op voertuig geskiet
Nuusflits: Jong man in kop en sy geskiet
Exclusive video of ATM Bombings at Midwater centre
Standard Bank ATM bombed at Midwater Centre
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
