Vuurhoutjies vlieg reeds na politieke kruitvat
Die hare waai behoorlik in die doodsnikke van die verkiesing, wat ’n paar verrassings opgelewer het, meestal vir die ANC.
Terwyl die ANC raads- en burgemeesters komiteelid, me. Rehana Pilodia, swem vir oorlewing in ontstuimige politieke waters na die grootste loesing wat die ANC nog by die stembusse gegee is, woed ’n ewe stormagtige debat oor wie nou eintlik die meeste doen, die DA of ANC?
Raadslid Pilodia word groot lof toegeswaai op sosiale mediaplatforms, en die vraag op talle se lippe – “Ena, wat gaan ons sonder jou doen?” – word nou deur die ANC self, hard en duidelik beantwoord.
Op nommer 20 op die ANC proporsionele kandidaatslys, is me. Pilodia haar raadsetel kwyt. Sy is nou werkloos, tensy die ANC dié rots uit haar pad rol, en vinnig skuiwe op sy propersionele kandidaatslys maak, ’n oefening wat die party ook aan die agterent kan beetkry, sou een van die regmatige nege op die proporsionele lys gedwing word om op sy swaard vir haar te val.
Me. Pilodia kon nie mas opkom teen die DA se Helda de Klerk in Kanonkop nie, en met net nege proporsionele raadsetels vir die ANC – teen die DA se 11, FF+ se 2 en EFF se 7 – is me. Pilodie beslis nie die enigste ANC kandidaat wat die wonde lek nie.
Die lont van die politieke kruitvat is na die verkiesing deur me. Pilodia self op Facebook vuur gegee, toe sy ’n syklap na kommentators gegee het deur te sê hulle na-verkiesingskommentaar teen die ANC is ongevraagd, en bygelas, “die DA het nog hoegenaamd niks vir die gemeenskap gedoen nie”.
Mnr. Hennie Niemann, koukusleier van die DA wat Aerorand met een van die grootste meerderheidstemme ooit vir die DA ingepalm het, kap terug en sê dat DA raadslede, waarvan die verre meerderheid deeltydse raadslede met ander beroepe is, nie soos me. Pilodia munisipale fone, rekenaars en amptenare, tot hul beskikking het soos sy nie.
Hy sê me. Pilodia se kollegas volg haar beslis nie na nie, en wonder of die amptenare nie opdrag gekry het om DA klagtes te ignoreer, soos ’n Januarie 2013 e-pos van me. Pilodia aan amptenare, sinspeel nie.
’n Nuweling in die raad wat moontlik eersdaags daai vraag vir mnr. Niemann kan beantwoord, is die VF+ se uitgesproke Johan Duvenhage, wat onderneem om tesame met die EFF nuwelinge, opskudding in die raadsaal te veroorsaak in die afwesigheid van ANC veterane wat feitlik deur die bank met groentjies vervang word.
Duvenhage het dae voor die verkiesings sy bokshandskoene teen burgemeester Mike Masina aaangetrek, oor die voortslepende watertekort in die dorp.
Hy het gou wye lugtyd op inwoners se fone daarmee gekry, en so ook die FF+ se steun met bykans 5% by die stembus laat groei.
Om alles vir me. Pilodia te kroon, het Afriforum haar ook nou by die provinsiale polisie gaan verkla vir “magsmisbruik, wanbestuur en kwaadstokery” in haar amp as GPF voorsitter.
“Sy moes dié amp feitlik nooit beklee het in haar hoedanigheid as ANC grootkop nie,” se Afriforum se Wes-Mpumalanga streekskoordineerder Hillel Coetzer, oor me. Pilodia se ystervuis bestuursbenadering.
Die enigste raadslede wat gewis is van sy plek, is die 29 wyksraadslede, 23 ANC en 6 DA verteenwoordigers. Die res is almal, soos Pilodia, aan hulle partye uitgelewer.
“Gebruik en weggegooi,” kry mnr. Niemann die laaste steek in.
Read other stories here:
Petrol strike not affecting motorists
Video: Twee vulstasies reeds sonder brandstof
Update: No water, no explanation from municipality
Update: No water in many parts of town
Water supply to Midmed reaches critically low levels
Municipal workers remain on strike
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
