Municipal

Verkeersdepartement wéér in spervuur weens magsmisbruik, aanranding en crimen injuria

Die Middelburg verkeersdepartement is weer in die spervuur na twee skokvoorvalle van magsmisbruik waaroor die slagoffers dié week openhartig gepraat het.

• Die eerste voorval het voorverlede week plaasgevind toe mnr. Ernest van Dyk by ’n padblokkade hulp verleen het aan die vrou van mnr. Donald Genade, wat deur sowat ses verkeersmanne op die grond geskop en geslaan is tydens ’n arrestasie.

Mnr. Van Dyk het na mnr. genade se vrou in die bakkie gestap en gevra of alles reg is, waarna hy ook rondgepluk is op die toneel.

Hy het weggestap maar op pad kar toe, is hy ook platgeduik deur die groep verkeersmanne, en gearresteer vir inmenging.

• In nog ’n skokvoorval Dinsdag, is ’n vrou deur ’n verkeersman gevloek, toe sy ook by ’n motoris wou verneem of alles in die haak was in ’n onderonsie met die verkeersman.

Die verkeersman het eers vir me. Trudie de Lange gesê om te “f**off”. Toe sy vir hom sê sy praat nie met hom nie, het hy vir haar gesê “jou ma se p***,” en toe “jou p*** ook”.

Me. Monica Britz, die dame wat beboet is deur die verkeersman, sê toe me. De Lange wegstap om verdere konfrontasie te vermy, het die verkeersman agterna geskreeu “ja loop jou wit hoer”.

Die verkeersman staar nou naas ’n kriminele crimen injuria klag, ook dissiplinêre stappe by die munisipaliteit in die gesig.

• Lees meer oor die voorvalle in die Middelburg Observer van 14 Oktober, beskikbaar by jou naaste winkel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button