Municipal

Van skrootwerf na dwelmplaas

’n Dwelmverslaafde wat by die selfde halfweghuis as Angel Jordaan vir verslawing behandel is, het dié week skokonthullings gemaak oor Mercy Home.

Die verslaafde sê daar is meer dwelms op die plaas op die ou-Belfastpad, as op Middelburg se strate.

Die eienaar van die halfweghuis, me. Winnie du Preez, se twee seuns is volgens die verslaafde ook op dwelms en die bron sê dat Angel, nadat sy deur me. Du Preez uit die motorwrak wat haar tuiste was, gered is, dadelik by me. Du Preez se jongste seun se kamer haar intrek geneem het.

Me. Du Preez het beide die bewerings dat haar seuns op dwelms is en dat Angel ’n kamer met haar jongste deel, bevestig.

Haar oudste seun is egter al ’n geruime tyd op Methadone, en sy sê die jongste is ook nou op behandeling.

Ten spyte van die feit dat die halfweghuis nie geregistreer is nie, word Methadone tog daagliks aan verslaafdes wat daar ’n heenkome vind, uitgedeel.

Me. Du Preez sê egter naas haar seuns en Angel, al die ander dwelmafhanklikes van die plaas af gesit is.

Me. Du Preez word wyd geprys vir haar “bediening” en pastoor Ena Botha, van Kerk met ’n Verskil, waar die Du Preez familie ingeskakel is, sê dat die gesin nie net dwemverslaafdes nie, maar alle behoeftiges uit hul eie sakke help.

• Lees die volledige berig in die Middelburg Observer uitgawe van 14 Oktober wat beskikbaar is by jou naaste winkel.

Lees die vorige storie oor Angel hier:

Video: Vrou bly al maande in motorwrak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button