Municipal

Inloop by dam is sterk!

Die Middelburgdamvlak het geweldig gestyg, nadat daar weer vanaf Vrydagmiddag ’n sterk inloop is.

Die damvlak was Vrydag op 41.31%, maar met die sterk inloop het dit gestyg tot 46.35% vanoggend!

Damopsigter Neels Struwig sê hy glo dié massas water is afkomstig van die baie reën wat in die Pullenshope omgewing geval het verlede Woensdag.

Hendrina is eintlik ons hoofopvanggebied, maar die geweldige reën op Pullenshope maak ook deel van die rivier se loop na ons dam toe.

Mnr. Struwig het gemeld dat die inloop steeds sterk is.

Oor die naweek het dit slegs 3 mm op Hendrina gereën en by die dam is 8 mm Saterdag en 2 mm gisteraand (Sondag) gemeet.

Lees vorige stories oor die damvlak hier:

Dam styg en styg

Stroom word dun stroompie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button