Municipal

Nuusflits: Dorp dalk drie dae sonder krag

’n Goot skok wag op Kanonkop en Dennesig inwoners op Middelburg wat tot drie dae sonder elektrisiteit kan sit.

Die woonbuurte is sedert 02:00 Donderdagoggend sonder elektrisiteit.

Die Steve Tshwete Munisipaliteit het bevestig dat die 88kV oliegevulde kabel wat deur die Kanonkop woonbuurt loop, erg beskadig is en dalk op twee plekke gelas moet word.

Daar word tans gewag op CBI Electric uit Johannesburg om die kabel te herstel.

Plek-plek is elektrisiteit van die Meyersbrug substasie na enkele huise in Kanonkop herlei, maar dit is ook net tydelik.

’n Ingeligte binne die munisipaliteit het bevestig dat die probleem ernstig is. “Herstelwerk kan tot drie dae neem en ons voorsien geensins ’n vinnige oplossing vir die probleem nie”.

•Intussen wurg die dorp in ’n erge hittegolf met yskaste wat afloop, vleis wat vrot word en daar is woede soos die temperature opgaan en die krag af is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button