News

Frikkie val weer

Die omstrede sakeman en miljoenêr, Frikkie Lutzkie, word deur die Zimbabwe polisie ondersoek nadat hy op 5 Mei wéér met 'n helikopter geval het naby West Nicholson.

Kort na die botsing is Lawrence Botha (Doddieburn plaasbestuurder) en Pieter Schalk Marais se paspoorte gekonfiskeer en die twee is gearresteer.

Hulle was egter nie saam met Lutzkie in die helikopter nie en hy sê hulle word sonder rede aangehou en ondervra.

Presies twee jaar gelede was hy ook in die nuus nadat hy met sy Augusta A119 helikopter ter waarde van R50 miljoen rand, by Severn, sowat 70km vanaf die McCarthy grenspos by Botswana, neergestort het.

In beide voorvalle het Lutzkie die helikopterwrakke probeer versteek: In Mei 2012 het hy die reuse Augusta met takke toegepak en met modder besmeer, en vanjaar het hy die helikopter volgens Zimbabwiese media, begrawe.

Frikkie Lutzkie. Foto: Times Live
Frikkie Lutzkie. Foto: Times Live

In beide gevalle sê die lugowerhede het Lutzkie nié die ongelukke binne die voorgeskrewe agt ure aangemeld nie.

Hy ontken dit ten sterkste.

In die nuutste voorval was hy glo besig om met sy MD500, ter waarde van R800 000. wildheinings by die 30 000 hektaar Doddieburn Safariplaas na te gaan toe die helikopter neerstort.

Hy het kort na die botsing teruggevlieg Suid-Afrika toe waar hy die voorval op 8 Mei per epos by die vervoer en infrastruktuur ontwikkelings minister, dr. Obert Mpofu, aangemeld het.

Maar volgens Newsdze Zimbabwe, ontken die minister dat hy enige korrespondensie van Lutzkie ontvang het.

In 2012 is die voorval ook dae later eers deur die polisie onder die lugvaartowerhede se aandag gebring.

Lutzkie het eksklusief aan die Zimbabwiese aanlyn koerant genoem dat hy oorweeg om permanent Zimbabwe toe te trek.

Die nuusagentskap berig dat hy egter nie na die land sal terugkeer voor Botha en Marais se vrylating nie.

Lutzkie het glo reeds twee miljoen Zim-dollar in die safariplaas, wat deur die Zimbabwiese regering besit word, geploeg, nadat hy deur Botha genader is om in Hunting Essentials, Doddieburn se jag en safari affiliaat, te belê.

Lutzkie sê dat die hele voorval uit verband geruk word en dit die toersimebedryf van Zimbabwe erg kan skaad, sou die slegte publisiteit voortgaan.

•Die Middelburg Observer sal Vrydag breedvoerig oor Frikkie se antwoord op die aantygings teen hom berig.

Lees opvolg berig hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button