News

Opvolg: Wat wag in Zim tronk?

Tronkstraf is een ding, maar tronkstraf in Zimbabwe is iets heeltemal anders.

‘n Suid-Afrikaner wat vir ‘n week in Bulawayo aangehou is, het vertel wat Frikkie Lutzkie, wat onglangs tot drie jaar tronkstraf in die land gevonnis is, kan verwag.

Die man het versoek om anoniem te bly. Hy is in Zimbabwe aangehou nadat ‘n besigheidsooreenkoms met sy Zimbabwiese sakevennoot skeefgeloop het en hy gepoog het om toerusting wat aan die sakeman behoort, te behou.

Die man is gearresteer en aangekla van diefstal nadat hy, gewapen met die trok ter sprake se registrasie dokumente, na Zimbabwe is om sy eiendom terug te eis.

“Hulle het my vir ‘n week aangehou. Al het ek die trok se papiere wat bewys dat dit my eiendom is by my gehad, wou hulle niks weet nie.”

Lees vorige berigte hier.

“Jy moet verseker iemand hê wat vir jou kos bring. Al wat jy daar kry om te eet is ou pap en van daai klein vissies, as jy gelukkig is.”

Hy vertel verder dat beddegoed ook van buite af gebring sal moet word.

Badkamergeriewe bestaan uit ‘n gat in die grond wat met ‘n rioolstelsel verbind is. Die gat dien as toilet en ook as dreineringsgat vir die stort.

“Ek het vir die week wat ek daar was geweier om te stort.”

Water vir drink en was kom van dieselfde kraan naby die toilet en van warm water is daar geen sprake nie.

• Nog ‘n Suid-Afrikaner wat tans in Harare bly het ook op voorwaarde van anonimiteit vertel van die gehawende toestand van tronke in Zimbabwe. “As hy nie iemand het wat vir hom gereeld kos vat nie, gaan hy doodgaan van die honger.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button