News

Leeu toe vlakvark?

'n Man beweer hy het 'n leeu doodgery, maar daar is net 'n dooie vlakvark op die plek gekry.

Mnr. Thabang Nakana het Donderdagoggend vertel dat hy Woensdagaand vanaf Dennilton se rigting oppad was Middelburg toe. Sy vrou, Thandeka, was by hom in die kar.

Sowat twee kilometer voor die T-aansluiting (naby die Loskop Damwal winkelsentrum) het daar skielik ‘n reuse dier oor die pad gehardloop en hy het hom met sy VW Polo getref.

Mnr. Nakana kon sy oë nie glo nie en het uitgeklim om te kyk watter skade daar aan sy kar is en waar, wat vir hom gelyk het na ‘n leeu, lê.

Op hierdie stadium het ‘n motoris, wat agter hulle gery het, langs hom gestop en hom beveel om terug te klim in die kar. Dié motoris het hom meegedeel dat hy gesien het hoe drie ander leeus uit die bosse kom en die dooie dier die bosse insleep.

14qq32-1

Ander motoriste het ook nadergery en vertel dat daar gereeld wilde diere op die pad gevind word.

Mnr. Nakana was bekommerd oor die welstand van die “ander leeus” en was bang dat nóg mense in die leeus sal vasry.

Hy is gekontak met die nuus dat slegs ‘n dooie vlakvark deur ‘n joernalis gevind is. Mnr. Nakana het egter voet by stuk gehou dat dit wel ‘n leeu was wat hy getref het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button