News

Frisco se fresko’s

Met elke kwashaal neem Friso van der Wal jou na 'n ander dimensie, hetsy op doek, fresko of vellum.

Met elke strook van sy paletmes, kloof hy ‘n granaat oop in posbusrooi, vermiljoen en, geroeste bruin en geel.

Die 25-jarige kunstenaar van Middelburg se talente ken geen perke nie, en soos die horison vernuwe hy homself daagliks met sy kunswerke.

Sy talent het van kindsbeen af kop uitgesteek, want Friso sou sit, sy muse een kyk gee en die perfekte potlood portretskets, alles op die regte plek, anatomies korrek voltooi.

Soos die intense drama van houtskool skadus, was Friso se pad ook soms bewolk, nadat die mure om hom gekantel het tydens ‘n markinkrimping in die eiendomsarena in 2008.

Friso is nie net vernuftig met die kwas nie, maar paletmes en ander mediums ook.
Friso is nie net vernuftig met die kwas nie, maar paletmes en ander mediums ook.

Anders as Van Gogh, het hy nie eie hand aan skeerlem gesit en bebloed op ‘n hopie gaan lê nie…

Inteendeel, hy het soos die Phoenix uit die as herrys, en soos Van Gogh se beste vriend Paul Gauguin, sy eie Haiti gaan soek.

Friso sê dat hy nie spyt is oor die kronkels en hindernisse wat die lewe in sy pad gegooi het nie.

Ten spyte van verbeurde beurse by befaamde kunsskole soos Pro Arte Alphen Park, het Friso na twee jaar se tegniese studies aan HTS, onder die onophoudelike druk van vriende geswig en Hoërskool Middelburg toe geskuif, waar Marion Duvenhage, hom onder skeppende hand geneem het. Die eksamens was goor, kuns was verseker nie net teken en verf nie, daar was lang aande van kunsgeskiedenis swot om daai A, Friso se enigste A, te verseker.

Middelburg se ikoniese Disco, deur Friso van der Wal.
Middelburg se ikoniese Disco, deur Friso van der Wal.

Naas die meer tradisionele portrette en kunswerke, skilder Friso op mure, motorfietse, en het hy selfs al ‘n vliegtuigloods onder hande geneem.

“Ek verf enige iets, op enige ding waarop verf sal plak,” sê hy met ‘n aansteeklike glimlag.

Sy werk het al so ver geswerf soos Duitsland, Kanada, Dubai en Australië.

Noudat hy hande gevat het met georganiseerde kunsverenigings soos die Mpumalanga Kunsvereniging, word hy verdere geleentheid gebied.

Gaan besoek gerus Friso van der Wal se facebook blad en stuur vir hom ‘n boodskap oor sy werk en hoe jy een van sy unieke, een-van-sy-soort-kunswerke kan bekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button