News

Hakuna Matata op Kranspoort

Willie en Bollie is twee vlakvarke met maniere.

Moenie vir Willie en Wollie vlak kyk nie.

Dié twee Kranspoort vlakvarke het geen vark in hulle nie.

Pure gemanierd.

@middelburgobserver

Ontmoet vir Willie ewn Bollie, Kranspoort se mak vlakvarke wat nader draf sodra iets net na kos lyk. Hulle is deel van ‘n groep dieremaats op Kranspoort wat ‘n duif, koedoe en natuurlik die twee varkmenere insluit.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Eintlik moes hulle name Dawid en Jonathan gewees het.

Hulle loop saam, eet saam, lê saam…en vryf mekaar ewe liefdevol met hulle harige snoet.

Net soos Pumba van die Lion King-fliek is hulle goedhartige vlakvarke.

Pumba se beste vriend in die fliek was natuurlik die meerkat Timon, wat hulle aan die sorgvrye Hakuna Matata-filosofie bekendgestel het.

@middelburgobserver

Is Pumba’s Den op Kranspoort dalkies, so tong in die kies, vernoem na Kranspoort se twee vriendelike vlakvarke Willie en Bollie?

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Wanneer Kranspoort se vlakvarke moeg is vir die bosveldstof stap hulle by die gastehuis in wat na hulle “vernoem” is, Pumba’s Den.

Eienaars Noleene en Jimbo Gordon laat die twee maar begaan.

Behalwe vir Willie en Wollie is daar ook mos Penny die koedoe en Bismarck die duif.

Om meer oor Bismarck te lees, hou die Middelburg Observer se webblad dop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button