News

SAOU leer beginneropvoeders van bemagtiging

Die bemagtingingskomitee van die Suid-Afrikaanse Onderwys Unie se Provinsiale Uitvoerende Raad van Mpumalanga het ’n baie suksevolle bemagtigingsessie aangebied vir beginneronderwysers by Riverside Estate.

Bykans 200 jong onderwysers en indiensopleiding studente het die gulde geleentheid bygewoon en baie opgewonde teruggekeer na hul onderskeie skole om gemotiveerd ’n verskil in kinders en hul kollegas se lewens te maak.

Dit is ’n jaarlikse instelling wat uniek is aan die SAOU.

Ou bande is hernieu en nuwe vriendskappe is tydens die geleentheid gesmee terwyl verskeie motiverende sprekers aan die woord was. Aspekte waaronder leerhindernisse, hantering van dissipline, en beginneronderwyser uitdagings is hanteer.

Daar is afgesluit met ’n inspirende motiveringsessie: “Ek kan dit vat!” deur ds Etienne Rossouw.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button