News

Middies se nuwe hoof van sport is Menloparker

Hy glo dat sport lewens kan verander.

Hoërskool Middelburg kry nie net ’n nuwe hoof van sport nie, maar ook ’n top atletiekafrigter.

Mnr. Jaco van der Merwe (42) is aangestel as nuwe sporthoof in die plek van mnr. Coené Nolte, wat na Grobersdal verhuis om by Ben Viljoen aan te sluit.

Mnr. Van der Merwe het op Heidelberg grootgeword en Laerskool AG Visser en Volkskool op die dorp bygewoon.

Hy sluit hom die derde kwartaal by Middies aan, nadat hy ’n groot rol gespeel het by Menlopark se sport waar hy naellope, hekkies en rugby afgerig het.

Die o/20 Suid-Afrikaanse vroue kampioen in die 100m en 200m word deur hom afgerig.

Sy belangstelling in sport is egter nie net atletiek en rugby nie, maar ook crossfit en krieket.

Hy glo dat sport ’n kragtige voertuig is om lewens te verander en toekomstige leiers te ontwikkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button