Seks op internet verkoop
Tegnologies gevorderde prostitute het hul tot die internet gewend, om plaaslik kliënte te lok, sonder om op 'n wintersnag op straat te staan en hoop iemand laai hulle op.
• Sasha, adverteer haarself as ‘n petite brunet, te koop vir R300 vir ‘n halfuur of R500 per uur. Sy het foto’s van haarself, party waar sy koketterig aan ‘n grensdraad langs ‘n vrugteboord hang, ander meer intiem met haar bene oopgespalk sodat mans presies kan sien waarvoor hulle betaal.
Sy sê dat sy verskeie fetisj (voorkeur) pakkette beskikbaar het om kliënte se erotiese fantasiëe te bewaarheid. Sy vra dat belangstellendes haar asseblief nie bel nie, omdat sy dalk “in konsultasie” is en nie kan antwoord nie. Stuur liefs ‘n e-pos of WhatsApp boodskap.
Haar foto’s is in die Loskop Vallei geneem, wat bevestig dat Sasha ‘n plaaslike nooi is.
• Wendy is ‘n heelwat ouer vrou. Sy bly op die Ou Witbankpad tussen Middelburg en eMalahleni en bied “sensuele stresverligters” aan. Dit sluit in masserings of sommer die hele katoetie as jy dit sou verkies.
• Sarnia beskryf haar self as ‘n 22-jarige Indiese gesellin met lang hare. Sy sê haar bynaam is “Miss Fixit” en dat haar kliënte maar agteroor kan lê en regmaak vir die rit van hul lewens. Sy reis alleenlik en vra R2 300 vir twee ure of R4 000 vir die hele aand.
• Nog ‘n webblad verduidelik in gebroke Engels dat daar baie mans in Middelburg is wat na seks soek. Hulle sê dat prostitute of selfs kollege studente wat hul lewens wil ‘finansier’ seks verkoop. Een van die frases lei: “Die wet sal jou waarskynlik vertel, om te betaal vir seksuele kontak in Middelburg is ‘n misdaad en onwettig. Ons sê dit is ‘n werk soos enige ander werk.”
Die webblad spoor jou aan om ‘n profiel te open, wat jy dan kan gebruik om seks in Middelburg te soek. Die skrywer op die blad gee selfs alternatiewe om die misdaad-hekkie te omseil. Die volgende advies word aan besoekers gegee:
“Gebruik die internet om na gratis seks in Middelburg te soek. Wie weet, miskien is party van hulle in die geheim ‘n prostituut wat dit van die huis af doen vir sakgeld? Die ander ‘meestal wettige’ deel van prostitusie in Middelburg is om ‘n gesellin vir die aand te huur. Vir geselskap, nie vir seks nie. Maar vir bietjie ekstra geld bied die meeste van hulle ‘hoë klas’ seks.”
• As daar deur die advertensies gesif word, is dit duidelik dat baie studente op seks staat maak as ‘n bron van inkomste. Een advertensie lei: “Ek het geld nodig vir my semester registrasie,” ‘n ander “Ek verkoop seksvideos vir selfoonlugtyd.”
• Dit is ook nie net vroue wat hulself verkoop nie. Byron, wat homself as ‘n “warm en welbedeelde model van Middelburg” beskryf, staan reg om aan vroulike kliënte se behoefte te voldoen. Of dit nou gesels, lek of kielie is.


