NewsSport

Na ernstige beserings is Maggie terug in die saal

Plastiese chirurgie was nodig om die skade te herstel, maar Maggie sien weer kans vir RideJoburg

’n Jaar nadat sy ernstige beserings opgedoen het tydens die RideJoburg-fietswedren, het Maggie Smit gister weer aan haar eerste padfietswedren deelgeneem.

Na haar groot val is sy in die Netcare Garden City-hospitaal behandel..

Bewussyn verloor

Sy het vyf kilometer na die wegspring geval en haar neus gebreek, haar bolip het gate in gehad, daar was ’n gat aan haar kop waar haar valhelm haar beseer het en sy het krake aan haar pelvis gehad.
Nadat sy geval het, het sy haar bewussyn verloor en dit eers weer in die ambulans herwin.

Dit blyk dat twee fietsryers se handvatsels aan mekaar geraak en hulle toe neergeslaan het.
Maggie moes plastiese chirurgie ondergaan om die skade te herstel.

’n Jaar later

Die 2025 Ride Joburg het op Sondag, 26 Oktober, plaasgevind en nou, ’n jaar later, op 25 Oktober 2026, het sy die Summer Classic-fietswedren oor 91 kilometer in 3:35:30 voltooi. Die wedren het by die Willem Prinsloo Museum, naby die bekende Jan Ellis Garage, begin en geëindig.

“Dit was vir my baie spesiaal en so lekker om deel te kon wees van die fietsryklub se mense, mense so na aan my hart,” het sy vanoggend gesê.

Maar gaan sy weer die RideJoburg aandurf waar sy verlede jaar so hard geval het?
“Ek het nog nie ingeskryf nie, maar ek sal graag weer wil ry.”

Haar man, Johnny, is die voorsitter van die Middelburg Fietsryklub.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button