Middelburgse fietsryers het gister in groot getalle na die Willem Prinsloo-museum opgeruk, om aan die Summer Classic-fietswedren deel te neem.
Behalwe vir Jan Montshioa wat ’n podiumplek losgery het in ’n tyd van 2:11:34, het verskeie ander ryers die 91 kilometer voltooi.
Ander uitslae is: Stuart Nkambule 2:49:44, Pine Pienaar 3:01:49, Kevin Minnie 3:06:52, PJ Fraser 3:16:16, Piet Swanepoel 3:26:19, Cobus Fourie 3:26:47, Maggie Smit 3:35: 30, Mariaan Pieterse 3:51:27.
Die klubvoorsitter, Johnny Smit, het die 65 kilometer met sy bergfiets in 3:09:02 voltooi en Melanie Minnie 3:04:29.
- Die volgende twee groot fietswedrenne wat vir Middelburg Fietsryklub voorlê, is die Alzu-bergfietswedren op 7 November by die Alzu Petroport en die RideJoburg deur die strate van Johannesburg op 22 November.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
