News
Video: Man pleit vir hulp
Vriende van mnr. Johan van Niekerk, wat al sedert 17 Junie in die Middelburg Hospitaal lê met 'n ernstige beenbreuk, vrees dat hy sy been gaan verloor as hy nie binnekort geopereer word nie.
Mnr. Van Niekerk was in ‘n motorfietsongeluk en het ‘n oop bobeenfraktuur (femur) opgedoen. Twee weke gelede het besoekers gesê dat sy been “vrot ruik” weens infeksie.
Me. Elbie Cullen het op Facebook dié dringende boodskap geplaas: “Ons het met Johan kontak gemaak. Daar is nog niks gedoen om hom te help nie. Hy gaan sy been verloor!
Asseblief Middelburg, ons moet iets drasties doen om hom te help. Tobie, kan die Observer help?”
Johan het probeer braaf wees en gesê dat hy “beter voel”. Hy het egter Woensdagaand in ‘n emosionele pleidooi op video gepleit dat iemand hom asseblief moet help.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
