News

(Update) Video: Nog 250 wat wag vir operasie

Johan van Niekerk het sy eerste treë gegee! "Ek het 'n totaal van 10 treë vandag geloop en dit het gevoel soos toe ek die 3 000m gehardloop het op skool!" het Johan Woensdagoggend gesê.

Hy was op 17 Junie in ‘n motorfietsongeluk betrokke en is in die Middelburg Hospitaal opgeneem met ‘n ernstige oop bobeenbreuk (femur) en daar was geen hoop dat hy gou geopereer sou word nie. Witbank Hospitaal is die enigste wat tans ortopediese operasies doen en hulle het ‘n geweldige lang waglys. In Middelburg alleen is daar 250 pasiënte wat wag vir sulke operasies.

Johan se familie en vriende het net begin hoop opgee dat hy gou geopereer sou word, toe me. Elbie Cullinan, ‘n noodkreet uitgestuur het. Sy was bang Johan verloor sy been, omdat hy ook infeksie gehad het.

Mnr. Nico Pretorius (Ambulans noodsorg assistent van LifeMed Ambulansdienste, Groblersdal) het dit gehoor en beide me. Cullinan en die Observer gekontak.

Hy het prokureurs wat betrokke is by die padongelukkefonds-eise genader.

Johan is Vrydag oorgeplaas na die Sunshine Privaathospitaal (Benoni), waar ‘n pen Maandag in sy been gesit is. Hy het Woensdag ‘n bloedoortapping gekry, omdat hy baie bloed tydens die operasie verloor het.

• Daar is vir hom gesê dat hy teen Donderdag na ‘n gewone saal oorgeplaas sou word.

• Johan en sy gesin wil graag almal bedank wat bygedra het tot sy oorplasing en hom nou ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button