News

KYK: Bobbejaan verdwyn soos die skim

Inwoners spot dat hy Sondagmiddag op sy eish by Athlonedam gebraai het.

Die bobbejaan wat Roberts Landgoed Donderdag op hol gehad en daarna oor die spoorlyn in die rigting van Aerorand-Wes gehardloop het, het soos die skim verdwyn.

Aerorand-inwoners was nog die naweek op hete kole nadat die bobbejaan eers in Drakensberg- en later in Hexrivierstraat van muur tot muur gespring het.

Die buurt se honde het berserk geraak wanneer die bobbejaan vinnig by ’n erf in is en dan weer na die volgende huis gespring het.
Teen gister is daar op WhatsApp-groepe gevra of die bobbejaan al gevang is.

Gert Meyer het laat weet “hy het vleis gebraai by Athlonedam, maar ek weet nie of hy nog daar is nie”.
Raadslid Hennie Niemann sê die bobbejaan is nog nie gevang nie en daar word nou gespot oor waarheen die bobbejaan kon verdwyn het.

Hervestig

Dieselfde bobbejaan is vier jaar gelede deur Deon Cornelius van Ubhetyan o Africa gevang en hervestig, maar hy het twee jaar later weer sy opwagting op Middelburg gemaak.
Cornelius het hom weer gevang en in die Dullstroom-omgewing vrygelaat.

Die bobbejaan kan aan sy sekelstert en linkerhand, waarvan die vingers styf is, uitgeken word.
Waarheen hy verdwyn het en wanneer hy weer vir ’n paar dae se opwinding op Middelburg gaan sorg, sal net hy weet.

KYK DIE VIDEO HIER:

www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7700862377155169556

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button