Mduduzi Nkosi staan tereg op verskeie klagtes waaronder moord en roof. Die verhoor op die sake sal eersdaags begin. Hy sit reeds in die tronk vir ontsnapping.
Nkosi kon tot op hede nie verhoor word vir ernstige klagtes teen hom nie, omdat hy twee keer ontsnap het.
Hy is in April vanjaar tot drie jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis op aanklag van ontsnapping.
In November 2013 het hy uit die Middelburg Polisieselle ontsnap, terwyl hy verhoorafwagtend was vir verskeie sake, waaronder moord en roof.
Nkosi is egter vroeg in April in Witrivier gearresteer en het kort daarna skuldig gepleit op ontsnappingsklagte
Landdros Mashigo het Nkosi gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf, waarvan drie jaar opgeskort is vir vyf jaar.
• Hy sal op 11-12 Augustus verhoor word op verskeie sake, wat wissel tussen roof, verkragting en moord.
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.