Opvolg: Neline praat oor verdwyning
"Gossip stops with a wise person." Dit is die slagspreuk waarby Petra van Zyl leef.
“Ek wil die mense wat vir ons gebid het bedank, want julle gebede is saam met myne verhoor. Vir die mense wat woedend is wil ek ook bedank. Julle gebede het ook gehelp.”
Neline is nie swanger nie. Toetse wat op haar gedoen is, het ook getoon dat daar geen sprake van ‘n aborsie is nie. Dit is nou ten spyte van ‘n skoolmaat wat vertel dat sy sommer al twee aborsies gehad het.
Petra sê dat sy nie omgee wat die mense sê nie. As daar een ding is wat die Van Zyl gesin met Neline se verdwyning en terugvind geleer het, is dit om hulle nie aan die klein dingetjies te steur nie.
“Ek het my kind terug. Niks anders maak saak nie. Ek gee nie om wat die mense sê nie. Ek het gevra ek wil haar net een keer weer vashou, ek het gevra vir ‘n kans om deur watter probleme daar ookal is te werk, en ek het dit gekry.”
As jy vrees dat jy jou kind nooit weer gaan sien nie, soos die Horn of Wapenaar gesinne, wie se dogters vermoedelik slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen was, dan word al die ander dinge onbelangrik.
“Ek gaan niemand oordeel nie. Mense kan dink en praat wat hulle wil. So baie mense het gehelp soek. Daai eerste nag het ons die son sien ondergaan en weer sien opkom, en mense het net nie moed opgegee nie. Ek sal hulle nooit genoeg kan dankie sê nie.”
Alhoewel daar nie ingegaan kan word op die meriete van die saak nie, kan die volgende dinge bekend gemaak word:
Neline het nie die Donderdag van haar verdwyning opgestaan en geweet sy gaan wegloop nie. Sy is gedwing om blitsvinnig ‘n besluit te maak en sy het die verkeerde een gemaak.
“As ek haar vra hoekom sy dit gedoen het, sê sy nou nog vir my dat sy nie weet nie,” sê Petra.
Sy is ook nie in Groblersdal gesien vry en inkopies doen nie. Vandat sy uit Middelburg is, is hulle reguit plaas toe waar sy in ‘n lapa wat loopafstand van die huis is, versteek is.
Sy sê dat sy onverklaarbaar baie geslaap het. Sy het nie geweet dat die polisie op die plaas was om haar te soek nie. Sy het haar hare gekleur nadat die minderjarige verdagte vir haar gesê het dat hy dink sy goed sal lyk met donker hare. Teen Sondag wou sy huistoe.
Haar 15-jarige vriend het haar vergewe.
Die Van Zyl egpaar sê dat hulle wil uitreik na die verdagte se ouers. Hulle dra geen wrok teen die verdagte nie en hoop dat hy die hulp sal kry wat hom toekom.
“My kind was nie opgewasse teen hom nie. Hy het vir maande aan haar gewerk. Maar dit is nou verby en ek is nie meer kwaad nie. Ek sal hom in die oë kan kyk en sê ek vergewe jou.”
Neline het aan ander kinders die volgende boodskap: “Moenie sommer enige iemand vertrou nie, en dink baie mooi voordat jy iets doen.”
“Hierdie ding het ons sterker gemaak. Dit het my geloof versterk. Ons as gesin loop met ons koppe omhoog,” sê Petra.
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
