Opvolg: Ystervark karkasse aan die boom
Dit blyk dat die twee karkasse wat geslag en opgehang is in 'n boom in Kogelstraat, ystervarke was.
‘n Middelburg Observer leser, me. Jean-Marie Combrinck, sê dat hulle by die karwas was, en dat twee mans wat vanaf ‘n jaguitstappie gekom het, ook daar gestop het om hul bakkies te laat was.
Daar was twee ystervarke op die bakkie en die diere is vir die personeel by die karwas gegee.
Me. Combrinck sê dat sy gehoor het hoe die mans vir die personeel sê dat hulle die diere se velle met die penne, wil terughê.
Die Observer het verlede weer berig dat foto’s van die karkasse vir dr. Leon Connoway (veearts), gestuur is vir ‘n professionele mening.
Dr. Connoway was egter nie heeltemal oortuig dat dit honde is nie.
“As dit ‘n hond is, dan moes dit ‘n baie gespierde dier gewees het.” Sy vermoede dat dit eerder ‘n wilde diere was, is moontlik nou bevestig deur me. Combrinck. Die diere se koppe en pote is in die gewrigte afgesny en die velle afgetrek.
Lees vorige storie hier:
