Opvolg: Eende in toilet gehou
Vyf eende en 'n hok met kwarteltjies is in 'n toilet agter die China Mall aangehou.
Mnr. Leshang Lee was vir weke in die nuus nadat hy uitgevang is omdat hy ‘n boerdery met sowat 50 eende in ‘n parkeerarea in die Sentrale Sakegebied bedryf het.
Die parkeerarea is tussen die Ou Mutual en China Mall (aan die OR Tambostraat kant) en Tyremart (aan die Walter Sisulustraatkant) geleë.
Mnr. Lee het nadat druk toegepas is deur die munisipaliteit op ‘n stadium al die eende verwyder en toe weer sewe eende aangehou.
Die Dierebeskermingsvereniging se hulp is Dinsdag deur sekuriteits-beamptes ingeroep, wat besig was met die ondersoek by die ABSA kitsbank wat gevandaliseer is.
Dié kitsbanke is langs die China Mall geleë in OR Tambostraat. Hulle het die eende en kwartels in die toilet opgemerk en die DBV gekontak.
Volgens senior inspekteur Petro Oberholzer het sy lede van Middelburg 911 Zello gevra om haar na die stegie te vergesel, waar sy die vyf eende en die hok met kwartels in ‘n area wat as ‘n toilet en stoorkamer gebruik word, gevind het.
Hulle het mnr. Lee aangespreek, waarop hy die eende en kwartels verwyder het.
• Insp. Oberholzer wil graag die lede van Zello 911 bedank wat haar bygestaan het.
Lees meer hier:
Video: Eendeplaas in Sentrale Sakegebied
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
