NewsUpdate

Opvolg: Duisende reeds vir juwele uitbetaal

Derduisende rande is reeds uitbetaal aan inwoners wat goud aan die vroue met die vreemde skaaltjie verkoop het.

Die Middelburg Observer het verlede week berig oor die vroue wat sporadies voor hekke staan en vra vir oortollige juwele om te koop.

Volgens me. Henriette Cronje, hoef inwoners nie bekommerd te wees oor die vroue nie, omdat syself al juwele aan hulle verkoop het.

“Inderwaarheid het ek selfs kommissie verdien by die vriendelike Amaal Jantjies, wat ook kontant vir van my juwele betaal het,” sê me. Cronje.

Sy het me. Jantjies na verskeie van haar vriendinne verwys, waar me. Jantjies ook duisende rande se goud gekoop het.

“Een van my vriendinne is op die plek R6000 kontant vir haar goud gegee,” sê me. Cronje.

Volgens haar weeg me. Jantjies die goud en betaal dan kontant vir die edelmetaal.

Me. Jantjies, wat Woensdag weer Middelburg toe vertrek het uit die Kaap, sê sy werk vir haarself en is geregistreer as bona fide edelmetaal smous.

Sy het onderneem om Vrydag (vandag) haar dokumente vir die Observer te wys.

Volgens haar koop sy die goud om dit weer aan juweliers te verkoop.

Sy is twee weke in die Kaap, en twee weke op die pad, en hulle fokus die afgelope ruk op Middelburg, eMalahleni en Pretoria.

“Daar is baie oneerlike mense daar buite, maar ek is beslis nie een van hulle nie, een van my kliënte ondersteun my al die afgelope 11 jaar,” vertel me. Jantjies.

“En voor skelms idees kry, ek loop beslis nie met duisende rande op my nie, so dom is ek nie.”

Me. Cronje sê “me. Jantjies is dierbaar en moet gewis ondersteun word, vir die eerlike, dog harde manier waarop sy haar inkomste verdien”.

“Om van huis tot huis te stap, en deur baie afgejak en wantrou te word, kan nie maklik wees nie, wees gerus maar vriendelik,” sê me. Cronje.

Vroue klop deur tot deur vir juwele

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button