NewsUpdate

Opvolg: Dr. Kok en messteker sage duur voort

Beide dr. Alan Kok én die man wat hom vroeër vanjaar met 'n mes gesteek het, het Vrydag in die hof verskyn.

“Ek het niks gedoen nie, nou word ek ook sommer aangekla,” het dr. Kok (pediater) uitgevaar.

Mnr. Liam Niemandt en dr. Kok het op dieselfde dag in die hof verskyn.

Mnr. Niemandt is gearresteer omdat hy twee keer ‘n beskermingsbevel van sy eksvrou, Chantal, geïgnoreer het. Hy het egter dadelik ‘n klagte van aanranding teen dr. Kok aanhangig gemaak, waarop dr. Kok ook aangekla is.

Dr. Kok is op borg van R500 vrygelaat, maar mnr. Niemandt is steeds in aanhouding. Hy sal vandag (Vrydag) weer in die hof verskyn.

Die twee mans en me. Niemandt was sedert Januarie gereeld in die nuus nadat mnr. Niemandt vir dr. Kok met ‘n mes gesteek het. Dr. Kok is ernstig beseer tydens die voorval.

Mnr. Niemandt het beweer hy het homself verdedig, omdat dr. Kok hom eerste aangeval het. Die vete het sy ontstaan gehad omdat mnr. Niemandt beweer het dat daar ‘n verhouding is tussen sy kinders se dokter en sy vrou.

Na die voorval is die Niemandt-egpaar uitmekaar en is vroeg in Mei geskei.

Dr. Kok het gesê dat hy mnr. Niemandt as “gevaarlik” bestempel.

Hy, asook me. Niemandt, sê sedert die voorval in Januarie het mnr. Niemandt hulle begin teister (lees haar verhaal elders) met onder andere WhatsApp boodskappe en oproepe.

Een van die boodskappe lui: “I’ve failed the first time, trust me, next time will not fail. Next time will be sooner than you think.”

Me. Niemandt het in Augustus ‘n beskermingsbevel teen haar eksman gekry en mnr. Niemandt het sy kinders onder toesig gesien.

Die teistering het egter nie opgehou nie.

Dinge is tot op ‘n punt gedryf Vrydag toe me. Niemandt dr. Kok paniekerig vanaf die Middelburg Mall gebel het met die nuus dat mnr. Niemandt haar vir die tweede keer daardie week lastig geval en die beskermingsbevel teen hom geïgnoreer het.

Dr. Kok sê hy was toevallig ook in die Mall en het na die winkel gegaan waar me. Niemandt was.

Met sy aankoms het personeel van die betrokke winkel reeds die paniekknoppie gedruk en me. Niemandt het bewerig met ‘n pepersproei in haar hand gestaan. Mnr. Niemandt was nie meer in die winkel nie en dr. Kok het besluit om saam met haar na buite te stap om te verseker dat sy veilig is.

Die oomblik toe hulle by die deure uitgaan, het mnr. Niemandt op hulle afgestorm en begin foto’s neem. Dr. Kok het hom gevra om daarmee op te hou, waarop mnr. Niemandt op hom afgestorm en hom met die voorarm begin stamp het. Hy het ook vir hom geskreeu: “I am going to see you in your grave!”

Dr. Kok sê hy het kalm gebly en besef mnr. Niemandt probeer hom uitlok tot ‘n geveg en rustig aangestap.

Dr. Kok het besluit om self ook polisiestasie toe te gaan, om te bevestig wat gebeur het.

Hy is direk polisiestasie toe, maar me. Niemandt is huis toe om die bevel te gaan haal.

Sy het later aan polisielede vertel dat mnr. Niemandt haar verskeie kere van die pad af probeer dwing het oppad na die polisiestasie.

Dr. Kok was nog besig om sy verklaring af te lê, toe mnr. Niemandt by die polisiestasie instorm. Hy het gedreig dat hy nie die enigste sal wees wat die aand in die tronk sal slaap nie en net daar en dan ‘n klagte van aanranding teen dr. Kok aanhangig gemaak.

Dr. Kok sê die polisie het hom toegelaat om nog sy laaste pasiënte vir die dag te sien, waarna hy terug is polisiestasie toe en hulle hom na die hof vergesel het.

“Ek word aangekla van aanranding en ek het nie eers aan hom geraak nie!”

Dr. Kok het dieselfde dag ook ‘n beskermingsbevel teen mnr. Niemandt gekry. “Daar is nie net dreigemente teenoor my en me. Niemandt geopper nie, maar ook teenoor my vriendin, Alet. Dit het op die punt gekom dat ek Alet na ‘n plek van veiligheid sal moet neem!”

Volgens hom openbaar mnr. Niemandt “ernstige anti-sosiale gedrag met sy dreigemente.”

• Dr. Kok het in Mei vanjaar ‘n klagte van poging tot moord teen mnr. Niemandt aanhangig gemaak (rakende die messtekery), maar die staat het besluit om nie te vervolg nie. Hy het aangedui dat sy prokureur die saak gaan heropen.

• Mnr. Niemandt het ‘n paar maande gelede ook ‘n beskermingsbevel teen dr. Kok gekry. Dit is egter later van die rol geskrap.

• Me. Niemandt het die Woensdag voor mnr. Niemandt se arrestasie ook by die polisie gaan kla dat hy die bevel verontagsaam en is hy daartydens gewaarsku.

Lees meer hier:

Opvolg: Interdik teen dr. Kok

Opvolg: Dokter Kok drama duur voort

Opvolg: Dokter begin geveg

Dokter het al met gereg gebots

Opvolg: (Video) Wys bebloede dokter

Opvolg: Dr. Kok uit kamers geskop

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button