Video: ‘Biker Angel’ by begrafnis
Agt en ’n half jaar terug het ek Pieter Janse van Rensburg se troue afgeneem en vandag moes ek hartseer saamluister hoe die sanger, Murgpyp, die bekende liedjie, “Biker Angel” as afskeid by sy graf sing.
Pieter (27) is verlede Woensdag opslag dood toe sy motorfiets ’n trok getref het wat besig was om uit Zuidstraat regs te draai in Celciusstraat.
’n Groot groep motorfietsryers het die stoet na die graf vergesel.
Mnr. Janse van Rensburg se twee kinders, Carla en Nick, het leer onderbaadjies gedra met hul name voorop en agterop die woorde: “Pappa se Kawa”.
Kort voor murgpyp die liedjie begin sing het, het hy dié boodskap vanaf sy kinders gelees.
“Dit is ons laaste geskenkie aan pappa uit ons harte. Ons sal pappa altyd in ons harte bewaar en pappa nooit vergeet nie. Rus sag by Liewe Jesus.”
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
