Honde uit grafte gered
Die Middelburg Dierebeskermingsvereniging moes Sondag reddingstoue gebruik om twee honde uit grafte te red.
Volgens senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV) het mense Sondagoggend by die DBV aangekom en gesê dat daar twee honde in twee grafte staan by die begraafplaas in Samora Machelstraat.
Insp. Oberholzer en haar regterhand by die DBV, mnr. Searge Msiza, het dadelik soontoe gejaag en die honde, ’n Duitse Herdershond en ’n Sjinese Keeshondkruising (Chow), met reddingstoue uit die grafte gelig.
Die honde is dieselfde dag herenig met hul eienaar, me. Lizette Sadie.
• Insp. Oberholzer was Maandagoggend alweer op haar pos langs die Loskopdampad (by die Slaghoek afdraai) waar sy twee donkies moes gaan oplaai.
Die diere het langs die pad gestaan en het gevaar gestaan om doodgery te word.

Een van die donkies het swaar geloop en het dit gelyk of een van sy bene moontlik gebreek kan wees.
Met die hulp van die polisie se berede eenheid is die diere opgelaai en geskut.
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
