News

Swanger vrou op straat

’n Swanger vrou is by die Kibboets naby Middelburg, ’n plek vir haweloses, uitgeskop “omdat sy nie die gevolge van haar dade wil besef en wil saamwerk nie.”

Inwoners was vanoggend omgekrap toe hulle die jong vrou tussen ’n paar sakke klere en komberse, met ’n klein hondjie op haar arm, by die ingang van die Middelburg Hospitaal opmerk.

Monique Coetzee (25) sê sy is vyf maande swanger en dat die bestuurder van die kibboets, mnr. Raymond Belcher, haar om 11:00 aangesê het om haar goedjies te pak. Hy het haar daarna op die oop stuk veld voor die hospitaal gaan aflaai.

“Ek weet nie hoekom ek weggejaag is nie!” Sy het vir sowat ses maande by die Kibboets gebly.

Monique sê sy is nie ’n “boemelaar” nie, maar dat sy al op 16 jaar op straat was “omdat ek en my pa nie oor die weg kon kom nie! Ek het gebedel om aan die lewe te bly.”

Volgens haar was sy vir sowat vyf jaar op straat, waarna sy by vriende op Witpoortjie geland het.

Sy vertel dat sy saam met die pa van die kind na Middelburg gekom het, omdat hy werk hier gekry het. Sowat twee maande gelede het hul verhouding skipbreuk gely.

“Ek weet nie waarheen om te gaan in Middelburg nie! As hier net nog ’n shelter hier iewers is, kan ek soontoe gaan,” het sy met ’n bewende stem gesê.

Monique het aangedui dat vriende van Witpoortjie aangebied het om vir haar verblyf te gee, maar dat nie sy of hulle vervoer het nie. Indien iemand haar ’n geleentheid kan aanbied, kan hulle haar bel by 079 431 9396.

• Mnr. Belcher sê dat hy by verskeie geleenthede vir Monique gewaarsku het: “Sy moet die gevolge van haar dade besef. Sy wou nooit saamwerk nie!”

Volgens hom word daar onder geen omstandighede verhoudings tussen inwoners van die kibboets toegelaat nie.

Hy sê Monique het ’n verhouding met ’n getroude man gehad (wat ook die pa van haar ongebore kind is) en dat die man intussen terug is na sy vrou. Hy bly elders in Middelburg.

Monique Coetzee en haar hondjie, Ore, is op straat.
Monique Coetzee en haar hondjie, Ore, is op straat.

Mnr. Belcher sê Monique het intussen ’n verhouding aangeknoop met ’n nader vrou by die kibboets en dat hy ook die betrokke vrou die pad gaan wys.

Verder beweer hy dat Monique in die nagte tot sowat 03:00 uit was en dan die ander inwoners opgeklop en gepla het. “Hulle het my gevra om iets te doen!”

Hy het hulp gaan vra by die Christelike Maatskaplike Raad rakende Monique en hy sê hulle het voorgestel dat sy na ’n sentrum gaan vir ongehude moeders, maar dit het ook nie gebeur nie.

•’n Swanger prostituut het ook so pas by www.mobserver.co.za se kantoor ingestap en haar verhaal begin vertel van uitbuiting en die lewe in Meyerstraat waar twee prostituut huise skaars ’n blok van die Middelburg Observer koerant bedryf word.

Jana Boshoff voer ’n onderhoud met haar en ’n video sal ook later daaroor op www.mobserver.co.za geplaas word.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button