News

(Waarskuwing Grafiese Inhoud) – Video: Diere vrek op strepe

Daar het weer 'n aantal beeste en boerbokke agter Avalon, waar dit grens met Botshabelo, gevrek.

Tydens ‘n ondersoek het senior Dierebeskermingsvereniging inspekteur, me. Petro Oberholzer, die beeste en varke in haglike omstandighede gevind.

Bene in ‘n beeskraal dui daarop dat daar reeds talle vorige vrektes was.

Die eienaar van die beeste, wie se identiteit aan die Observer bekend is, het geen voer of water vir die diere gegee nie.

Die varke se eienaar, wat glo by Checkers werk, het die diere slegs vrot kos, vrot vleis en selfs bene gevoer.

“‘n Verskriklike stank het oor die varkkraal gehang,” sê me. Oberholzer.

Die karkas van ‘n perd is buite die hok waar dooie honde gevind is, gekry.

Na die vlaag Avalon vrektes by die Observer aangemeld is, het die staatsveearts dr. Shepard Matema die area besoek en nadoodse ondersoeke op van die karkasse gedoen.

Hy kon geen onnatuurlike redes vir die vrektes vind nie.

In van die pense het dr. Matema egter groot hoeveelhede rommel, soos sakke en tou, gekry.

Die area lê oortrek van die rommel wat op die stil grondpad deur morsjorse afgelaai word.

Dr. Matema se mening is dat die diere vrek weens oorweiding op die lappie grond, waar daar ook soos in Uitbreiding 8, tientalle krale staan.

Die eienaars van die beeste, meestal oorlewingsboere, kan egter nie opgespoor word nie, wat sake vir die DBV bemoeilik.

Dit blyk na die besoek van dr. Matema, dat die diere se eienaars nou die karkasse met grond toegooi, maar die stank oor die area is steeds oorweldigend.

Lees meer hier:

Video: Bitch and puppies died of hunger!

Update: Puppies burnt with hot water

(Warning not for sensitive viewers) – Video: Shocking animal cruelty

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button