News

Nashua tegnikus beroof

'n Werknemer van Middelburg Nashua, is Donderdag in eMalahleni se onderdorp met 'n mes teen sy keel van sy selfoon beroof.

Mnr. Charles Hamilton, die pa van ‘n twee weekoue babaseuntjie CJ, sê hy was in die buurdorp vir programinstallasies in die onderdorp, waar die hoofroete gesluit is nadat ‘n trok sy vrag verloor het.

“Die verkeer was druk en motoriste is gedwing om alternatiewe systraatjies te vat, om uit die woelige onderdorp te kom.

Mnr. Hamilton sê dat hy in een van dié straatjies, by ‘n rooi robot, genader is deur drie mans.

Twee het hom aan die bestuurskant oorval, terwyl die derde by sy passasiersdeur plek ingeneem het.

“Ek het die twee mans van regs aangeloop sien kom,” vertel mnr. Hamilton wat bylas dat hy dadelik sy venster begin opdraai het, om die naderende gevaar te stuit.

Een van die rowers het teen sy passasiersruit geklop, en sy aandag vir ‘n vlietende oomblik afgetrek.

Die twee ander rowers het hulle onmiddellik na die kar gesnel waar hulle mnr. Hamilton verhoed het om die ruit verder op te draai.

Terwyl een van die rowers ‘n mes teen sy keel gedruk het, het die ander sy motor afgesluit.

Een van die mans het toe sy selfoon gegryp, en die mans het laat spaander deur ‘n nabygeleë park.

Mnr. Hamilton kan nie sê presies waar die insident afgespeel het nie, want die systrate wat hy moes neem, is aan hom onbekend.

Hy sê dat hy ingeboks is by die robot, deur twee motors voor hom, en ‘n string ander wat hom van agter vasgestop het.

“Niemand het eers probeer om te help nie, daar het bloot net ‘n groep mense aan die oorkant van die pad op die rowers geskreeu,” sê mnr. Hamilton.

Hy het die voorval onmiddelilk by die polisie gaan aanmeld.

Hy sê hy vermoed dat die rowers onder die indruk was dat die deure outomaties oopgesluit sou word met die afsluit van die kar.

“Gelukkig het dit nie gebeur nie, en kon die rowers dus nie my beursie, wat in die konsole by die ratstok gelê het, buit nie,” sê hy oor die geluk by die ongeluk. Mnr. Hamilton is nie in die voorval beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button