NewsUpdate

Opvolg: ‘Gaan goed’ met ontmande

Dit gaan goed met die 37-jarige inwoner van Kranspoort wat in Groblersdal Hospitaal behandel word, nadat hy homself ontman het.

Die man se ma het aan vriende gesê “dat dit goed gaan met hom, want hy lag alweer vir my grappies.”

Daar is aan die Observer genoem dat sy penis nie teruggewerk kon word nie en dat ‘n spesialis sal moet kyk hoe hulle die man verder medies sal kan bystaan.

Die vrou het verlede week gesê dat dit nie die eerste keer was wat hy probeer selfmoord pleeg het nie. Hulle is al vir maande in ‘n stryd met die Kranspoort huiseienaarsvereniging wat hulle tot die hof gewend het om sy hondjie te verwyder.

Na wat verneem word het die vrou en haar seun toestemming gekry van die eerste komitee destyds om ‘n hondjie te hou, maar dat die hondjie nie vervang mag word, sou hy vrek nie. Drie jaar gelede het ‘n sielkundige vir hom die Chihauhau gegee.

Die man het die hondjie verafgod en was ontsteld toe hy verneem dat die hond moontlik verwyder gaan word.

Opvolg: Ontman oor hondtjie

Opvolg: Ontmande man se suster praat

(Waarskuwing) Grafiese inhoud: Man sny penis af met skerp mes

(Warning) Graphic Content: Man severs penis, scrotum, in suicide attempt

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button