News

Kaal in begraafplaas

'n Bejaarde vrou van Bronkhorstspruit het by die koerant kom kla nadat sy op 'n toneel in die Middelburg begraafplaas afgekom het.

Mev. Hannelie Silynn, het haar broer se graf die afgelope Sondag kom besoek. Sy self was vir jare ‘n Middelburg inwoner voordat sy na Bronkhorstspruit verhuis het.

Mev. Silynn sê dat sy op twee mense wat ‘vry’ afgekom het. Twee voertuie, ‘n wynrooi Jeep en ‘n ligblou Hyundai, het agter mekaar geparkeer gestaan. Die twee was glo buite die karre “besig”.

Toe die vryers die aankomende motor sien het die vrou, wat kaal was, in die motor ingespring terwyl die man voor haar by die voertuig se oop deur gaan staan het om haar kans te gee om aan te trek. Die vrou het donker hare gehad wat in ‘n klein poniestert vasgebind is en die man was effe bles.

“Is dit nou die nuwe vryplek in Middelburg? Daar waar ons gaan treur oor ons geliefdes? Ek dink dit is heeltemal onvanpas. Het mense nie meer respek nie?”

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button