News

Vrae oor oud polisieman

Wat het Piet Jacobs Saterdagaand in Cowen Ntulistraat gedoen waar 'n vrou in 'n ongeluk gesterf het, as hy eintlik vir sy dogter moes gaan kuier?

Dit is die vrae wat sy suster, Elna Jansen van Nieuwenhuizen (wat verbonde is aan die Metro Polisie in Gauteng) en ander familielede sedert Saterdagaand vra.

Mnr. Jacobs het agter in ‘n stilstaande voertuig ingery op die hoek van Cowen Ntuli- en Meyerstraat. ‘n Vrou het op die toneel gesterf.

‘n Blok verder, in Jeppestraat, het hy in ‘n gebou vasgery.

Volgens me. Janse van Nieuwenhuizen het mnr. Jacobs Vrydag vanaf Pretoria na Middelburg gery, om by sy dogter hier te kom kuier. Hy was wel die oggend by haar en sou die middag terugkeer, maar het nooit opgedaag nie.

Die volgende inligting wat die familie ontvang het, is dat hy die aand in ‘n ongeluk was en gearresteer is.

“By wie was Piet gewees of waar was hy voor die ongeluk gebeur het? Ons weet nie wie sy vriende is nie!”

Sy het haar simpatie betuig met die familie met die afsterwe van die vrou.

• Mnr. Jacobs was ‘n welbekende oud-polisieman van Middelburg en, volgens me. Janse van Nieuwenhuizen, was hy “in 2001 een van die laaste lede van Koevoet wat teruggekom het.”

In 2003 was hy in ‘n ernstige motorongeluk waarin hy breinbeserings opgedoen het en moet sedertdien medikasie gebruik. In die ongeluk het ‘n pa en twee kinders gesterf.

• ‘n Berig oor die ongeluk en die polisie se kommentaar verskyn elders.

Lees meer stories hier:

Update: Written warning for sleeping police

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button