News

Jong ma verdwyn

'n Jong ma is sedert Vrydag, 4 Desember, vermis nadat sy Pretoria toe is vir 'n doktersafspraak.

Jeanine Steyn (26) wat in Carolina woonagtig is, se ouers is die eienaars van die Texas Slaghuis in Belfast.

Haar man Almar, het aan die Middelburg Observer vertel dat hy Vrydag net na 16:00 laas met haar gepraat het. Sy was in Pretoria vir ‘n doktersondersoek by die Wilgers Hospitaal.

“Sy het vir my gesê dat sy nie lekker voel nie en dat sy by ‘n hotel of gastehuis naby die snelweg gaan inboek om te slaap. Die laaste wat ek van haar gehoor het was toe sy vir my gesê het dat sy klaar betaal het en nou in die bed gaan klim.”

Daar was niks fout nie en die egpaar het oor die foon en via WhatsApp met mekaar grappe gemaak.

Mnr. Steyn sê dat hulle sedertdien nog nie weer van haar gehoor het nie. Hy was in die buiteland en sy familie en skoonfamilie het solank begin soek toe hulle haar nie later die nag in die hande kry nie.

Die Steyn egpaar se twee jaar oue baba was op daardie stadium by me. Steyn se ouers in Carolina. Haar broer het ‘n vermiste persone saak gaan open by die Garsfontein polisiestasie.

“Ek weet nie wat van my vrou geword het nie. Lê sy êrens dood? Het iemand haar ontvoer en verkrag haar om die beurt? As ek net kon weet wat van haar geword het,” het ‘n bekommerde mnr. Steyn gesê.

Me. Steyn het ‘n pienk hemp en denim aangehad en met ‘n wit Kia Picanto met die registrasienommer FPJ 877 MP gery toe sy laas gesien is. Haar skouerlengte blonde hare is gewoonlik vasgebind.

Indien iemand me. Steyn êrens gewaar het of inligting het wat die familie kan help, word hulle versoek om haar man by 082 724 4942 of haar skoonma, Frieda, by 082 821 5479 te bel.

Teen druktyd is daar verneem dat die hulp van ‘n privaat speurder ingeroep is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button