News

Seuntjie dood na fratsongeluk

'n Seuntjie van agt is Vrydag in 'n fratsongeluk, op die plaas Platfontein kort duskant Middelburgdam op die ou-Belfastpad, dood toe 'n trok oor hom gery het.

Klein George Boshoff is Maandag deur sy ma Sunette, ‘n plaaslike oogarts, beskryf as ‘n “anderse kind, so vol liefde, dit sal vekeerd wees om nie sy lewe te vier nie”.

George se pa, Rigardt, het Vrydag omstreeks 09:00 met hom hospitaal toe gejaag nadat hy deur die trok raakgery is.

George is egter kort na sy opname by ongevalle in die Life Midmed Hospitaal dood verklaar weens ernstige kopbeserings.

Dr. Johan Welsch het alles in sy vermoeë gedoen om George se lewe te red, maar sy beserings was te noodlottig.

Teen druktyd was die Boshoffs nog besig met reëlings. Hulle het egter onderneem om ‘n onderhoud toe te staan oor die tragedie, wat in Vrydag se uitgawe sal verskyn.

Back to top button