News

Ouma dakloos tot ná vakansie

'n Bejaarde vrou is net betyds uit haar kamer gered, voordat 'n gedeelte van haar plafon weens die verwoede storm op haar bed te lande gekom het.

“Die krag het afgegaan en toe het die wind erg begin waai. Ek het gehoor hoe die dak kraak en ek net betyds my ma uit haar bed gaan haal.” het me. Carol Niemand (63) gesê nadat sy haar ma, Lurine Wiesner (91) gered het.

Die dak het afgewaai en me Niemand moes haar ma in die donker, terwyl die reën en hael op hulle neerval en die blitse gevaarlik slaan, na die groot huis vergesel.

“Ons het kaalvoet na die groot huis geloop en moes oor alles klim. Alles het so vinnig gebeur.”

Almal het vinnig reageer en binne tien minute was hulle veilig.

Hulle wag in spanning vir die versekering om tot hulle redding te kom.

“Die versekeringsmaatskappy is oorlaai met werk ná die storm en hulle sal ons moontlik eers Januarie kan help.”

Die huis is verseker, maar ongelukkig is die twee dames se besittings nie.

“Ons is pensionarisse en kan skaars ons basiese behoeftes bekostig, wat nog van versekering.”

Die ma en dogter bly al vir 10 jaar in die huis en nog nooit het so iets met hulle gebeur nie.

“Ons het daardie nag niks geslaap nie en het eers die volgende oggend werklik besef wat gebeur het.”

Hulle woel en werskaf al vir die afgelope drie dae om te red wat te redde is.

“Ons weet nie hoe ons die dak gaan verwyder nie. Ons is so bang daar kom weer ‘n wind of storm en waai die dak na ons bure toe.

Hulle het klein kinders, jy weet, en ons wil nie hê hulle moet iets oorkom nie.”

Die dames se matrasse, hangkaste, TV, matte en nog vele ander besittings het in die slag gebly en die hele huis was omtrent onder water.

“Dit lyk nou boonop of een van die ander plafonne ook gaan inval aangesien daar niks is om dit te ondersteun nie.”

Ma en dogter gaan die vakansie nou maar by verskeie familielede kuier tot volgende jaar wanneer die versekering hulle hopelik sal kan help.

“Ons gaan nou soos ‘gypsies’ lewe. Ons is net dankbaar dat almal veilig is en dat net die aardse dinge in die slag gebly het.” sê me.

Niemand, wat duidelik nie toelaat dat hierdie voorval haar optimisme stuit nie.

Intussen vra die familie dat indien iemand hulle kan help om die dak te verwyder, hulle asseblief vir Lurine Niemand moet kontak by 083 630 9305.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button