News

Jack Russell ‘soek lyk’

’n Jack Russell hondjie is ingespan om te help soek na ’n ‘lyk’ nadat ’n motoris met sy voertuig deur mure gebars en hy gedink het hy het iemand raakgery.

Mnr. Koos Snyman sê hy het gedink ’n bom ontplof toe hy die slag omstreeks 02:00 Dindag in Cowen Ntulistraat hoor.

Hy het na buite gehardloop en gesien dat twee huise se mure in Cowen Ntulistraat (28 en 30), se mure omgery is. Die voertuig het tussen bome en ’n bos tot stilstand gekom.

“Die persoon het van Mhluzi se kant af gekom, die stopstraat geïgnoreer, die spoedwal getref en ’n pad van verwoesting gesaai toe hy deur die twee mure bars.”

Mnr. Snyman het gehardloop tot by die voertuig om te kyk of die bestuurder nie dalk beseer is nie. Die bestuurder van die voertuig het egter ontsteld gegil dat hy ’n man, wat ’n trollie gestoot het, raakgery het.

Daar het ook sowaar ’n trollie naby die ongelukstoneel gelê.

Mnr. Snyman het dadelik sy Jack Russell, Jack, by die huis gaan haal. “Ons het hom van kleintyd af geleer dat as ons sê: ‘soek!’, dan gaan soek hy die persoon wat hy nie kan sien nie.”

Jack het snuffelend tussen die bosse en bome en erf begin rondsoek, maar elke keer net teruggekeer na die voertuig waar die man nog in die kar gesit het.

Verskeie ander mense, waaronder radiogroeplede en inwoners, het intussen opgedaag en ook met flitse begin soek om te kyk of hulle nie die “oorledene” kan kry nie. Daar is selfs gedink dat iemand onder die voertuig vasgepen kon wees.

Met die polisie se aankoms is daar verder gesoek.

Mnr. Snyman het op daardie stadium onthou dat hy en een van die persone wie se muur in die slag gebly het, ’n tuinwerker deel en dat die trollie moontlik in die erf kon gestaan het.

Hy het dadelik vir Tiekie Skosana gebel, wat bevestig het dat hy die trollie in die straat sien staan het en dit in die erf gesit het vir veiligheid van motoriste.

“Daar was niemand wat die trollie gestoot het nie!”

• Die bestuurder van die voertuig se naam is onbekend, aangesien hy hospitaal toe geneem is weens sy beserings. Die polisie ondersoek ’n saak van roekeloos nalatige bestuur.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button