Bekende sakeman sterf na operasie
’n Bekende Middelburger en eienaar van een van die bekendste besighede in die dorp, is Dinsdag oorlede kort nadat hy ’n suksesvolle skoueroperasie ondergaan het.
Mnr. Tjaart van der Walt (71), het sy skouer seergemaak terwyl hy op sy plaas gewerk het. Hy is Dinsdag in die Life Midmed Hospitaal geopereer om die skouer te herstel.
Die operasie het baie goed gegaan. Minute na die operasie, terwyl hy in die herstelkamer gelê het, was daar egter komplikasies en hy is kort daarna oorlede. Dit is tans onduidelik wat die oorsaak van sy dood is. Die nadoodse ondersoek sou gister (Donderdag) uitgevoer word.
Daar was teen druktyd nog geen begrafnisreëlings getref nie. Enigiemand wat met die familie in aanraking wil kom, kan vir Raven Olwage (082 750 3058) of sy vrou Nicky (082 357 3272) bel.
• Mnr. Van der Walt was die eienaar van Mat Decor.
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
