News

Opvolg: Boela verslind die web

Die video van Boela die boerboel wat 'n dief platgetrek het, het webmal gegaan en regdeur die wêreld wil mediahuise van dié hond se heldedaad berig.

Telers van sover as die Verenigde State het navraag gedoen oor Boela se bloedlyn en “ViralHog”, ‘n lisensiemaatskappy van die VSA, wat optree vir bekende internasionale mediahuise soos MTV, CNN en Discovery, het belanggestel om die video te lisensieër, “want almal steel jul video” het die koerant genader.

Die Steenkamp gesin het net gesê dat hulle volstaan met die storie en nie met ander mediahuise wil praat nie.

Me. Tanja Steenkamp het Boela by ‘n vriendin in Pretoria as geskenk gekry “en hy was nog altyd net ons troeteldier!” Sy het geen idee wat sy bloedlyn is nie en hy is ook nie geregistreer nie.

• As jy nog nie die video gesien het waar Boela ‘n dief wat by hul erf inkom aanval kyk hier:

Video: Inbreker kom sy moses tee met boerboel

Dief kom sy Boela teë

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button