News

Middelburg spring dalk hittegolf vry

Die land word geteister deur ’n hittegolf, maar tot dusver lyk dit of Middelburg die golf nie so intens sal ervaar soos ander dele van die land nie, hoewel dit steeds baie warm sal wees.

Teen Dinsdagmiddag het die temperature op die dorp tot 33°C opgeskiet en het nie net die kraaie gegaap nie.

’n Reeds dorre Suid-Afrika is deur die Department van Meteorologiese Dienste gewaarsku dat die hittegolf tot Vrydag sal voortduur en dat daar beslis rekord hoë temperature bereik sal word.

Temperature sal maksimums van hoër as 40°C bereik en sal teen Saterdag weer met minstens 2°C val oor die meeste dele van die land, wat gevolg sal word deur moontlike donderstorms.

Gauteng, Limpopo, Noordwes, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap sal veral erg deurloop.

Die publiek word aangemoedig om voorsorgmaatreëls te tref om hulself te beskerm teen hierdie ongunstige weerstoestande deur die volgende advies van Arrive Alive te volg:

• Moenie jou kinders of troeteldiere in jou kar of ingeperkte areas los nie

• Maak seker jy bly gehidreer deur baie water te drink selfs al is jy nie dors nie

• Probeer ligte, maar gereelde maaltye eet

• Stel buitemuurse aktiwiteite uit of beweeg gereeld na die skadu en moenie alleen buite werk nie

• Hou ’n ogie oor bejaardes wat alleen bly of nie meer beweeglik is nie, want hulle kan dalk jou hulp kort

Gevaartekens en simptome van hitte-uitputting is ook iets waarop daar gelet moet word tydens die hittegolf:

• Duiseligheid

• Naarheid

• Spierkrampe

• Hoofpyn

• Gloeiende of rooierige vel

• Uitermatige sweet

Indien iemand egter reeds hitte-uitputting ervaar kan jy die volgende stappe neem om die persoon te help:

• Bring die persoon na ’n koeler area en skakel die nooddienste

• Probeer die persoon afkoel met ’n nat lappie

• Verwyder enige stywe en onnodige klere

• Gee die persoon klein hoeveelhede water om te drink

• Indien die persoon bewusteloos is, draai hom op sy sy en skakel dadelik ER24 by 084 124

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button