News

Vermeende aartappeldief vas

'n Verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere deur Loskop Alarms en Marble Hall Buurtwag.

Marble Hall Buurtwag het Loskop Alarms ontbied om hulp te verleen ná ‘n verdagte voertuig met ‘n klomp aartappels agterop die bakkie opgemerk is.

Mnr. Hardus Roux en mnr. Gerrit Lombaard, reaksiebeamptes van Loskop Alarms, het agter die Stadsraad Verkeer Kantore bystand verleen om die Nissan 1400 voor tesame met ‘n boer van Baybridge Boerdery.

Die verdagte is ondervra en gevind dat die gesteelde aartappels ter waarde van ongeveer R 6 800 is.

Die reaksiebeamptes het die voertuig na die polisiestasie begelei waar die polisiebeamptes bevestig het dat dit ‘n gesteelde voertuig is wat voorheen betrokke was by gesteelde goedere.

Daar is beslag gelê op die voertuig en die verdagte is aangekla.

Loskop Alarm bedank graag al die betrokke partye vir hul bystand en samewerking.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button