Video: Middelburg het eie Zipline
Middelburg het nou sy eie zipline, Cycad Zip X, wat deur Loskop Adventures bestuur word.
Die plaas buite die dorp behoort aan drie vriende en sakevennote, mnre. Thys Taljaard, Markus Venter en Kobus Pretorius, wat iets anders aan die omgewing en sy mense wou bied.
Die Cycad ZipX is een van net elf volledige ziplines in Suid-Afrika en ook een van die hoogste ziplines in die land.
Dit is naby Middelburg se Loskopdam Natuurreservaat geleë en het sewe lyne wat in totaal 1,38 kilometer strek oor ‘n pragtige kloof.
Vir meer inligting, kontak Engela (Besprekings): +27 76 576 1620; Betsy (Besprekings): +27 83 325 6888; Thys: +27 82 923 1982 en Anthea: + 27 72 7081510 of e-pos hulle by thys@htws.co.za.
Volg hulle ook op Facebook by Loskop Adventures en besoek gerus hulle webtuiste by www.loskopadventures.co.za.














