NewsBreaking News

Video: Aan die brand ‘gesteek’

’n Wolk swart rook wat uit ’n erf in Framestraat uitgeborrel het, het die Middelburg 911 radiogroep asook die brandweer op hol gehad.

’n Hoop bande wat teen die grensmuur van die erf gestaan het, was aan die brand.

Niemand kon verstaan hoekom mense wat naby die vuur verbyloop so vreeslik met hul arms waai nie.

Nes hulle naby genoeg gekom het om die vuur met ’n dun straaltjie water uit ’n tuinslang by te kom, het hulle al waaiend die hasepad gekies.

Met die brandweer se aankoms is die vuur blitsvinnig geblus.

Een van die inwoners op die erf, wat nie sy naam genoem wou hê nie, het gesê dat tuinwerkers probeer het om ’n swerm bye, wat in die bande nes gemaak het, uit te rook.

In die proses het die bande aan die brand geslaan. Die swerm bye het woedend om hul vernietigde huis gevlieg en enige iemand wat dit te naby gewaag het, aan die brand gesteek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button