NewsUpdate

(Opvolg) Video: R500 beloning vir inligting oor pyl

’n R500 beloning word aangebied vir enige inligting wat daartoe sal lei dat die persoon wat die hond met ’n pyl geskiet het, vasgetrek word.

Mnr. Lourens du Plessis (Specialized Protection Group) het die beloning aangebied.

Hy is ook die eienaar van Red Feather Archery vir wie senior inspekteur Petro Oberholzer (DBV) die pyl gaan wys het nadat dit uit die hond getrek is.

Die hond is Woensdagaand in die veld agter Middelburg Ferrochrome met ’n pyl in sy blad gevind. Alhoewel die hond nog geleef het, het hy erg pyn ondervind en het die agterkant van die pyl afgekou in ’n poging om dit self te probeer uitkry.

Insp. Oberholzer moes die hond uitsit om hom van sy lyding te verlos.

’n Lyskouing op die hond Donderdagmiddag het bepaal dat die pyl die hond se bladbeen vergruis het en ook sy long gesny het. Die punt het aan die hart geraak.

“Hy sou in elk geval binne die volgende afsienbare tyd gevrek het, aangesien daar geweldig baie inwendige bloeding was,” het mnr. Du Plessis gesê.

Mnr. Du Plessis sê dit is ’n laepond pyl, wat beteken dat gewoonlik vrouens of kinders daarmee skiet. Sommige mans skiet ook soms met laepond pyle om te oefen. Die vermoede bestaan egter dat dit ’n jong persoon was wat die hond geskiet het.

Enige inligting kan deurgegee word na by 071 381 0903 of mnr. Gerdus du Plessis by 076 031 6426.

IMG_1014 (LL ZN)

Lees vorige storie hier:

Hond met pyl geskiet

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button